




列出者 Century 21 Bushveld
位于 Mookgopong, Limpopo, 南非 待售的 家 为目前正在出售Mookgopong, Limpopo, 南非 已为 US$94,637 列出。此属性具有 2 卧室, 2浴室 功能。
US$94,637 USD
ZAR1,620,000
待售房屋, Mookgopong, Limpopo, 南非
- MLS#2476310
- 卧室2
- 浴室2
- 房屋/场地面积
126 m²
房产特点
房产
- 房产面积:
126 m² - 特色: 阳台
卧室
- 卧室: 2
浴室
- 卫生间总数: 2
其他房间
- 房间类型: 厨房
- 厨房: 1
外部特征
- 室外空间: 阳台
- 带棚车位:
描述
2-Slaapkamer Bosveldhuis met moderne geriewe in rustige aftree-omgewing – ’n Ware juweel vir die afskaal-aftreepaar.
Hierdie pragtige 2-slaapkamer, 2-badkamer woning bied alles wat jy nodig het vir ’n gemaklike, veilige en rustige leefstyl in die hartjie van die Bosveld. Perfek vir die afskaal-aftreepaar wat steeds ruimte, styl en natuurlike skoonheid waardeer.
Hoogtepunte van die eiendom:
• 2 slaapkamers, 2 badkamers (1 en-suite)
• Oopplan leefarea met ekstra stoorkamer / kantoorruimte
• Moderne kombuis met gasstoof en aparte opwas-area
• Onderdak veranda met ingeboude braai
• Sonkragstelsel: 8 sonpanele, 4 batterye, 5.5 kVA inverter
• Binnetuin met betonmuur – ideaal vir tuinmaak
• Uitsig oor park met wildlewe reg oorkant die pad
• Dubbel lengte afdak vir 2 voertuie
By die ingang, vanaf die onderdak veranda met ingeboude braai, stap jy direk in die ruim oopplan sitkamer, eetkamer en kombuis in – ’n uitnodigende leefarea waar gemak en geselligheid hand-aan-hand gaan. Die kombuis is volledig toegerus met baie houtkaste aan weerskante, spasie vir ’n yskas en mikrogolf, asook ’n gasstoof met 'n suigwaaier (extractor fan). Die aparte opwas-area aan die agterkant van die kombuis stap jy uit in ‘n vierkant met hekkie wat ‘n wastrog, wasgoeddraad en plek vir die asblik het – slim ontwerp vir praktiese gebruik.
Regs van die kombuis is ’n ekstra stoorkamer of klein kantoorruimte – ideaal vir werk van die huis af, ’n stokperdjie-area of net ekstra opberging.
Die slaapvertrekke is goed uitgelê vir privaatheid en gerief. Aan die linkerkant van die eetkamer lei ’n kort gang na die gastetoilet en badkamer aan die regterkant, en die gastekamer aan die linkerkant, met ingeboude kas en genoeg plek vir twee enkelbeddens. Die hoofslaapkamer is aan die einde van die gang en spog met ’n vol muur ingeboude kaste, ’n en-suite badkamer en ’n groot venster met uitsig op die tuin.
Die binnetuin, omhein met ’n betonmuur, bied genoeg spasie vir die tuinier om hul kreatiwiteit uit te leef en ’n rustige groen ruimte te skep.
Wat hierdie eiendom verder uitlig, is die uitstekende sonkragstelsel:
• 8 sonpanele
• 4 batterye
• 5.5 kVA inverter
Hierdie stelsel maak jou amper volledig selfstandig en vry van beurtkrag – ’n groot bonus vir gemak en gemoedsrus.
Vanaf die patio kyk jy uit op ’n park reg oorkant die straat, waar bosbokkies, tarentale, njalas, rooibokkies, mongoose ens. gereeld kom wei – ’n rustige toneel wat jou herinner waarom jy in die Bosveld bly.
’n Ware Bosveldjuweel wat gemak en natuur harmonies kombineer – perfek vir rustige aftrede sonder om spasie of styl prys te gee
Disclaimer: Century 21 Bushveld strives to provide accurate and up-to-date information. However, we do not guarantee, either expressly or implicitly, the accuracy, completeness, or usefulness of any information presented, and therefore we disclaim any legal liability, whether direct or indirect, related to the information provided.
位置
Mookgopong, Limpopo, 南非